Skip to product information
1 of 2

GEUR

Stephanus - GEUR

Stephanus - GEUR

Regular price R 400.00 ZAR
Regular price Sale price R 400.00 ZAR
Sale Sold out
Shipping calculated at checkout.

Stephanus is die soort man wat glo as jy nie jou bene kan voel nie, trek jy net langer kouse aan — nie ’n langbroek nie. Al vries die wind dwarsdeur Sutherland, dra hy steeds sy kortbroek, lang kakiekouse en vellies met trots. Hy’s al met dié uniform in die kerk, op die plaas, en by die vulstasie gesien. Wanneer dit regtig koud raak, trek hy sy olyfgroen parka aan — dik gevoer, met ’n kap, maar sy bene bly kaal. Dis amper ’n geloofsaak.

Stephanus het ’n natuurvrede oor hom. Hy praat min, lag diep, en maak vuur soos ’n kunstenaar. Sy hande is growwe gereedskap, maar sy hart is sag waar dit tel. As hy eers begin praat oor die veld, die sterre, of sy skaapramme, word jy stil en luister — nie omdat hy hard praat nie, maar omdat hy die wêreld stadig en reg waarneem.

Sy geur is ’n mengsel van vars kruisement en hout, soos ’n pasgesnyde stuk dennehout op 'n koue oggend. Daar’s iets soet en vars aan hom, maar altyd met daardie stewige houtbasis — tonkaboon, sandaalhout, vetiver en 'n tikkie soet vrugte. ’n Man wat ruik na bome, grond, en net ’n sweempie eksotiese geheime, asof hy eenkeer lank terug op 'n eiland was, maar besluit het sy plek is hier, tussen die klippe van die Karoo.

Die vy geur gee hom daai stoute speelsheid, iets ondeund agter die oë. Saartjie weet dit ook. Wanneer sy glimlag en haar kop skud, is dit gewoonlik oor daardie fynerlag van hom, of die feit dat hy weer sonder ’n baadjie by die koue agterdeur uitgeglip het.

Stephanus is die anker van die plaas. Sy geur is nie luid nie, maar dit hang aan jou — soos die laaste sonstrale op die aarde na ’n lang dag. Hy’s ’n man van eenvoud, met diepte— en hy ruik na iemand wat weet wie hy is: vars, sterk, en effens wild.

View full details