Versending en voorafbestellings

Laas bygewerk: 24 Augustus 2026

Ons lewer regoor Suid-Afrika. Die beskikbare opsies en finale koste word duidelik tydens betaal vertoon.

Afleweringsopsies

  • Deur-tot-deur: R95.
  • PUDO-tot-PUDO: R80. Voeg asseblief jou gekose PUDO-kassie se naam in die woonstel-/adreslyn tydens betaal.
  • Gratis aflewering: op bestellings van R800 of meer.

Jy ontvang nasporingsinligting sodra die koerier jou pakket afgehaal het. Afleweringstyd ná versending wissel volgens bestemming en koerierbedrywighede.

Waglys / voorafbestellings

Produkte wat as Waglys of Voorafbestelling gemerk is, kan bestel en betaal word voordat voorraad gereed is. Die betrokke produkblad wys die beloofde versendingstyd. Vanielje en Pistach word tans binne twee weke ná bestelling versend.

As jou bestelling ook produkte bevat wat reeds in voorraad is, kontak ons gerus voor jy bestel indien jy afsonderlike versending wil bespreek; 'n addisionele koerierfooi kan geld.

Adres en hulp

Maak seker dat jou adres, kontaknommer en—vir PUDO—kassienaam korrek is voordat jy betaal. Kontak info@geur.co.za so gou moontlik indien jy 'n fout opmerk. Ons kan nie waarborg dat 'n adres verander kan word nadat die koerier die pakket ontvang het nie.