GEUR
Herklaas - GEUR
Herklaas - GEUR
Couldn't load pickup availability
50 ml · 30–35% geurolie · Handgemaak in Pretoria
Geurprofiel: Vars vrugtig, rokerig en houtagtig
Uitstaande note: Bergamot, swartbessie, pynappel, pienk peper, jasmyn, patchouli, berk, sederhout, eikemos en muskus
Ontmoet Herklaas
Herklaas geniet niks meer as om voor dagbreek sy lyn in die water te gooi nie. Hy ken die stilte van ’n koue rivieroggend, die geduld van ’n byt wat lank vat en die tevredenheid van ’n dag wat nie haastig hoef te wees nie.
Bergamot, swartbessie en ’n helder pynappelakkoord gee sy geur die vars energie van eerste lig op die water, met ’n vonkie pienk peper vir sy growwe sjarme. Jasmyn en patchouli wys die sagter, rustiger kant wat hy nie sommer voor almal uitpak nie. Rokerige berk, sederhout, eikemos en muskus bly stewig agter—betroubaar soos die toerusting waarop hy staatmaak.
Herklaas praat min wanneer hy visvang, maar sy stories ná die tyd word elke keer beter. Hy is ru aan die buitekant, sag waar dit tel en altyd gereed om nog een keer uit te gooi.
Is Herklaas jou GEUR?
Doen die GEUR-vraelys vir jou beste passings, of toets eers met ’n ontdekkingsstel.
