GEUR
Jacobus - GEUR
Jacobus - GEUR
Kon nie afhaalbeskikbaarheid laai nie
50 ml · 30–35% geurolie · Handgemaak in Pretoria
Geurprofiel: Groen, vars, mineraal en aromaties
Uitstaande note: Viooltjieblaar, sout, salie, gemmer en vetiver
Ontmoet Jacobus
Jacobus is die soort ou wat altyd by die bosveld-TV gevind kan word. Met sy sout-en-peper hare, ’n ketel op die kole en ’n storie oor sy laaste toer deur Botswana, is hy op sy gelukkigste wanneer die selfoonsein swak en die sterre helder is.
Sy geur begin groen en vars met viooltjieblaar, gevolg deur die koel, minerale karakter van sout—soos oggendlug oor klip en grond ná ’n koue nag in die tent. Salie en gemmer bring ’n kruidige warmte wanneer die vuur begin vat, terwyl vetiver hom aards en rustig hou.
Jacobus kan kamp opslaan voordat die res van die groep die stoele uitgepak het. Hy ken die beste plek vir die tent, die regte hout vir die vuur en presies wanneer om nog koffie te maak. Hy is ’n buitelugman deur en deur: ongekunsteld, betroubaar en altyd reg vir die volgende trek.
Is Jacobus jou GEUR?
Doen die GEUR-vraelys vir jou beste passings, of toets eers met ’n ontdekkingsstel.
