Spring na produkinligting
1 van 3

GEUR

Magriet - GEUR

Magriet - GEUR

Gewone prys R 550.00 ZAR
Gewone prys Uitverkopingsprys R 550.00 ZAR
Uitverkoping Uitverkoop
Aflewering word tydens betaal bereken.
Betaal in 4 rentevrye paaiemente van R 137.50 met Payflex. Hoe dit werk
✓ 30–35% geurolie ✓ Handgemaak in Pretoria ✓ Versend binne 1-3 werksdae

50 ml · 30–35% geurolie · Handgemaak in Pretoria

Geurprofiel: Vrugtig blomagtig, elegant en warm

Uitstaande note: Mandaryn, bergamot, lietsjie, perske, lelie, jasmyn, pruim, vanielje, amber, muskus en vetiver

Ontmoet Magriet

Magriet se teenwoordigheid word gevoel voordat sy nog ’n woord sê. Sy is professioneel, gedrewe en gefokus, maar dra haar ambisie met ’n gemak wat nooit geforseerd voel nie. Mandaryn en bergamot gee haar ’n helder energie, terwyl lietsjie en sappige perske haar toeganklike, lewendige kant wys.

Wanneer jy haar beter leer ken, ontvou lelie, jasmyn en pruim—elegant, vroulik en vol selfvertroue. Onder dit alles lê die warmte van vanielje en amber, met muskus en vetiver wat haar gegrond hou, al is haar volgende reis reeds bespreek.

Magriet beweeg ewe gemaklik deur ’n raadsaal, ’n lughawe en ’n klein restaurant in ’n stad waar niemand haar naam ken nie. Sy balanseer werk en avontuur met grasie. Tydloos verfynd, modern en altyd in beheer—Magriet weet presies waarheen sy op pad is.

Is Magriet jou GEUR?

Doen die GEUR-vraelys vir jou beste passings, of toets eers met ’n ontdekkingsstel.

Bekyk volledige besonderhede