GEUR
Petronella - GEUR
Petronella - GEUR
Kon nie afhaalbeskikbaarheid laai nie
50 ml · 30–35% geurolie · Handgemaak in Pretoria
Geurprofiel: Klassiek blomagtig, muskusagtig en warm houtagtig
Uitstaande note: Lemoenbloeisel, osmanthus, muskus, amber, patchouli en houtnote
Ontmoet Petronella
Petronella is ’n jong vrou met ’n ou siel. Sy verkies handgeskrewe briewe bo vinnige boodskappe, ’n lang Sondagmiddagete bo gejaagde planne en blomme uit haar eie tuin bo enigiets wat net vir vertoon is. Sy glo goeie maniere raak nooit uit die mode nie en dat daar altyd plek vir nog iemand om die tafel is.
Lemoenbloeisel en osmanthus gee haar ’n sagte, klassieke vroulikheid. Warm muskus omvou haar soos ’n bekende drukkie, terwyl amber, patchouli en houtnote die diepte en standvastigheid verklap wat mense nie altyd met die eerste ontmoeting raaksien nie.
Petronella jaag nie die nuutste dinge na nie. Sy kies wat mooi bly: goeie gesprekke, sterk waardes en herinneringe wat met tyd net kosbaarder word. Met haar droë humorsin, warm hart en tydlose elegansie laat sy jou voel asof julle mekaar al jare ken.
Is Petronella jou GEUR?
Doen die GEUR-vraelys vir jou beste passings, of toets eers met ’n ontdekkingsstel.
