GEUR
Saartjie - GEUR
Saartjie - GEUR
Kon nie afhaalbeskikbaarheid laai nie
50 ml · 30–35% geurolie · Handgemaak in Pretoria
Geurprofiel: Warm, donker blomagtig en gourmand
Uitstaande note: Peer, pienk peper, koffie, wit blomme, jasmyn, vanielje en patchouli
Ontmoet Saartjie
In Sutherland is dit koud, maar Saartjie dra altyd daardie stil warmte saam met haar—soos ’n vuur wat stadig smeul. Sy het die soort teenwoordigheid wat mense laat luister. Nie omdat sy probeer nie, maar omdat daar iets diep en deurleef aan haar is.
Haar geur begin met ’n helder sweem van peer en ’n skerp vonkie pienk peper, soos oggendlig oor ’n rypwit plaaswerf. Dan word dit donkerder en warmer: ryk koffie tussen wit blomme en jasmyn, sterk sonder om ooit hard te wees. Vanielje maak die rand sag, terwyl patchouli haar gegrond hou in die aarde wat haar gevorm het.
Saartjie is eenvoudig, maar nooit eendimensioneel nie. Sy het stil gebly waar ander sou skree, haar eie lyn behou en steeds sag gebly waar dit tel. Sy is die een wat jou aan jou handskoene herinner—en altyd ekstra sop maak vir wie onverwags kom kuier.
Is Saartjie jou GEUR?
Doen die GEUR-vraelys vir jou beste passings, of toets eers met ’n ontdekkingsstel.
