Skip to product information
1 of 2

GEUR

Saartjie - GEUR

Saartjie - GEUR

Regular price R 400.00 ZAR
Regular price Sale price R 400.00 ZAR
Sale Sold out
Shipping calculated at checkout.

In Sutherland is dit koud, maar Saartjie dra altyd daardie stil warmte saam met haar, soos ’n vuur wat stadig smeul.

Sy’t daai tipe teenwoordigheid wat mense stil maak. Nie omdat sy probeer nie, maar omdat daar iets diep aan haar is. Sy is 'n vrou getoom deur die land.. Sy hou van eenvoud, maar haar geur vertel van ’n siel met baie lae.

Haar geur begin met ’n sweempie vars sitrus en lelie, lig soos die oggendlig oor die plaas. Dan kom die speserye deur — kruidnagel en mirre, saam met ’n tikkie roos en jasmyn, wat haar sagtigheid en styl verklap sonder om ooit soetsappig te wees.

En dan, die oud. Daardie donker, houtagtige rookgeur wat soos 'n sagte donderweer in die verte lê. Dis nie skerp nie. Dis stadig. Dis swaar van aarde en herinneringe. Dit gee haar geur ’n diepte wat jy wil voel eerder as ruik. Dis daardie geheimsinnige deel van haar, die een wat laat verstaan sy’t dinge oorleef, stil gebly waar ander sou skree, en altyd haar eie lyn behou het.

Laaste bly die amber, vanielje, en muskus, warm met n subtiele rokerig geur, en net bietjie soet. Dis die deel van haar wat jou onthou om jou handskoene aan te trek, en altyd ekstra sop te maak vir wie ook al onverwags kom kuier.

View full details